Handelinge 7:54-60 (10 Mei)

OPSOMMING VAN PREEK HAND 7:54-60
"The Stoning of Saint Stephen"
 (Rembrandt 1625 Musée des Beaux-Arts de Lyon)
  
Vrydag Hand 7:55

 

Donderdag Hand 7:56

Kyk na die vier gesigte in die kunswerk. Waarom lyk al vier na mekaar? Ons weet dat Rembrandt homself in die toneel in verf. Verwoord hy iets van die spanning van sy dag? Wie is verantwoordelik vir die steniging? Voel hy of sy omstandighede ook so pynlik is, hy word gestenig? (Ons weet hy het nie aan enige kerk behoort nie.) Watter karakter se emosie beleef jy tans? (Kyk of jy die hond se poot sien.) 


Woensdag Hand 7:60


Rembrandt – Steniging van Stefanus. Kyk agter, bo sit Paulus by wie hulle hul klere gelos het (Hd 7:58). Hy kyk in dieselfde rigting as Stefanus. Sien hy dalk al iets van die Lig? Niemand anders sien die (L)lig nie, behalwe Paulus en Stefanus? Sien jy die Lig in hierdie tyd van inperking?


Dinsdag Hand 7:56




Kyk weer na die kunswerk. Die persoon net bo die kop van Stefanus, onder die arm van die man met die klip in die hand, is ‘n selfportret van die jonge Rembrandt. Wat sou sy emosie wees om homself daar in te verf? Is hy moontlik in vertwyfeling oor die koste van dissipelskap. Wat sou jou reaksie wees? Wie sou jy in daardie kunswerk kon wees?

Maandag Hand 7:57


 "The Stoning of Saint Stephen"
 (Rembrandt 1625 Musée des Beaux-Arts de Lyon)


Ons gaan die week kyk na “Die steniging van St Stefanus” deur Rembrandt (Rembrandt 1625 Musée des Beaux-Arts de Lyon). Hy was maar 19 toe hy die werk geskilder het, een van sy vroegste werke. Dit beeld die oomblik van die steniging uit. Let op die lig wat op hom val wanneer hy die hemel geopen sien. Kyk hoe mooi beeld Rembrandt die oomblik uit. Hy sterf asof aan ’n kruis, maar sien die vrede op Stefanus se gesig! Hoe lyk jou vrede in hierdie tyd?




 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking