Handelinge 2:42-47

Ons gebruik die week Fritz Eichenberg (1901-1990) se kunswerk as toeligting tot die temas.

Handelinge 2:47

Ons sluit die week se reeks af met Eichenberg se Pieta 1955 Houtsneewerk. Mag die gebroke Christus jou aangryp om iets aan die gebrokenheid om ons te doen.

Handelinge 2:44 en 46

The Light 1940 Watter emosie staan in jou binneste op? Is jy die lig wat hoop moet bring? Waar kan jy in een mense se lewe ‘n verskil maak? Kyk die twee kindertjies na my? Non Duality:-Die goortmense bid en die kinders kyk na ons vir hulp.

Handelinge 2:44 

 “Lamentations of Jeramiah” (Houtsneewerk  1955) Die weerloosheid is bykans tasbaar. Die gesin is gestroop van hulle waardigheid. Ma klou krampagtig aan haar baba, pa is moedeloos met sy kop tussen sy bene. Die dogtertjie gryp die hand van die profeet – in boeie. Kyk die dogtertjie na ons vir haar hulp? Die profeet kyk na bo. Is die lig agter hom teken van hoop?

  Handelinge 2:42

 

“Christ of the homeless” -1982 Eichenberg beeld Christus uit saam met 'n bejaarde hawelose paartjie onder ‘n rigtingbord. Stel dit ‘n kruis voor? Jesus identifiseer met “die geringste van hierdie broers en susters”. Dit wys ons op een van die belangrikste kwessies van die evangelie, naamlik dat God nie noodwendig onder die belangrikes en welgesteldes te vinde is nie; maar dat God kies om Homself by dié te skaar wat deur die samelewing versaak is. Dit is die groot verrassing van die evangelie, die onderstebo wysheid van God.

Handelinge 2:42-47

 

 (Houtsneewerk 1951 The Christ of the Breadlines). Christus word uitgebeeld waar Hy in ’n ry by 'n sopkombuis met ander straatlopers staan ​​en wag. Eichenberg se Jesus is swak. Hy is toegedraai in vodde. Hy staan in die skaduwee. Die figure saam met Hom is stil. Hulle staan, met die Here van die heelal in hul midde, roerloos in hul diepe armoede en honger. Hulle wil almal dieselfde hê - rus, vrede, 'n einde aan lyding. Die straatlopers kan net gesien word in die lig wat van Christus uit straal.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking